SKAAK! - Cor Nortjé en Martin Serfontein
Nikita (Chessaleeinlondon) het gisteraand berig dat Bobby Fisher, voormalige skaak-grootmeester en wêreld-skaakkampioen gister op die ouderdom van 64 (ook die aantal blokkies op ‘n skaakbord), te sterwe gekom het. Haar daaropvolgende skrywe is ‘n gedig wat sy oor hom geskryf het.
Sy noem reg aan die begin dat hierdie haar eerste skaakboek was. Dit was ook die eerste boek wat my aan die spel bekend gestel het - dieselfde geld seker vir menige Afrikaanssprekende. Bobby Fisher verskyn op die voorblad van die boek.
Die boek het die eerste keer in 1972 verkyn. Ek het op skool gereeld ‘n vroeë uitgawe van die boek uit die skoolbiblioteek geneem. ‘n Paar jaar na skool het ek die een gekoop wat ek nou gelukkig is om te besit, die vierde uitgawe, tweede druk (1980).
Die voorwoord sê heelwat oor Fisher en ek haal graag ‘n paar stukkies daaruit aan:
Die jaar 1972 sal seker in die driehonderd […]
Original post by mykopop